Katedraal van Straatsburg

Katedraal van Straatsburg
Die Katedraal van Straatsburg
Die Katedraal van Straatsburg
Denominasie  Rooms-Katolieke Kerk
Adres Pl. de la Cathédrale, 67000 Straatsburg

Die Rooms-Katolieke Onse Liewe Vrou-katedraal van Straatsburg (Frans: Cathédrale Notre-Dame de Strasbourg) is een van die grootste katedrale in die Europese argitektuurgeskiedenis en 'n tipiese voorbeeld van die Gotiese boustyl. Net soos die stad Straatsburg verbind die katedraal kulturele invloede uit Duitsland en Frankryk.

Met 'n hoogte van 142 meter was die katedraal tussen 1647 en 1874 die hoogste gebou ter wêreld. Dit het tot by die jaar 1880 die hoogste kerkgebou gebly en is daarna deur die katedrale van Keulen en Ulm oortref. Dit is vandag nog steeds die hoogste katedraal in Frankryk na dié van Reims en die vierde hoogste kerkgebou ter wêreld.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search